Bahia Art’s Blog: Ons kreatiewe proses vir ons handsakke

Die buitekante van ons nuwe batch handsakke is klaar gemaak (Fotos op ons Facebook blad)   Ek begin hier die proses dokumenteer waar ons die screens regkry om die voerings te screen.  Soos julle weet gebruik ons 100% katoen vir ons voerings.  Ons handsakke is uniek in die sin dat ons net een van elk maak.

Soos julle sal sien is dit ‘n redelike proses om die voltooide handsak gereed te hê vir verkoop.  Geniet dus en weet dat as julle ‘n Bahia Art handsak koop is dit kwaliteit en met GROOT liefde gemaak.  Die kreatiewe proses is vir my net so belangrik want dit voed die siel en om vreugde te gee aan ander is ook groot lekkerte vir die siel.

 

Michele Hamman Bahia Art Dundee handprinted fabrics natural cotton ribbons ceramics

Hier is ek besig om die screen uit te spuit.  Die patroon, wat ek gaan screen, is klaar onder ligte vasgelê op die screen.

Michele Hamman Bahia Art Dundee handprinted fabrics natural cotton ribbons ceramics

Hier is die klaar patroon.  Ek los die screen om droog te word en dan is dit die volgende stap …. die screen van die lap.

Leave a Reply