Bahia Art’s Blog: Waarmee is ons besig ?

Ons is besig met ons Kersvoorraad wat ons beplan om vanaf einde Oktober op ons webwerf beskikbaar te hê.    Dit vereis natuurlik dat ons met kleur speel en eksperimenteer, wat ‘n heerlike manier van werk.  ‘n Bevoorregte manier sou ek sê …. maar dan moet ek ook dankie sê aan julle wat ons gereeld ondersteun en besoek en daardeur vir ons inspireer om meer en beter te doen.  Dankie daarvoor !!!

Hier is waarmee ons nou besig is:

Michele Hamman Bahia Art Dundee Art studio handprinted natural cotton ribbons ceramics fabricsMichele Hamman Bahia Art Dundee handprinted fabrics natural cotton ribbons ceramicsMichele Hamman Bahia Art Dundee handprinted fabrics natural cotton ribbons ceramics

Ons het hierdie ontwerp op ons screen gehad daarom is alles dieselfde patroon.   Ons is besig met ons nuwe ontwerpe waarvan party van hulle in hierdie kleurkombinasies sal wees.  Ons gebruik baie selde komersiële lap.  Ons koop gewoonlik effekleur lappe en silk screen dan ons eie ontwerpe daarop in ons eie kleurkombinasies.  Dus gebruik ons unieke lappe om ons handsakke van te maak.  Ons is besig met twee nuwe Handsak-ontwepe, so besoek ons gereeld om op hoogte te bly van die vordering.

 

Michele Hamman Bahia Art ceramics Dundee art studio handprinted cotton ribbon

Hierdie het ons gister gemaak.  Dit is nuwe borde en groot bakke wat deel sal uitmaak van ons Kersvoorraad.  Ons sal julle op hoogte hou van hoe ons vorder en wat ons alles beplan met hierdie keramiekware.   Ons het ook ‘n nuwe “batch” teëls gesny wat belowe om unieke ontwerpe op te hê.

 

Vandag gaan ons lappe kleur !!!  Sal weer kom post as ons klaar is.

Leave a Reply