Bahia Art: ‘n Liefde vir materiaal en ‘n nuwe “venture” begin ….

Soos julle almal reeds weet het ons hier by Bahia Art ‘n groot liefde vir tekstiele, die kleur daarvan, die silkscreen daarvan en die gebruik daarvan.  Ons deel ons unieke kreatiewe skeppings al lank met julle.  Na vele navra het ons besluit om tog die sprong te waag en gaan ons nou materiaal per meter druk.  Ons is baie opgewonde oor hierdie nuwe pad wat ons gaan loop en weereens wil ons dit met julle deel.  Dit is tog per slot van sake julle, ons getroue kliënte wat ons inspireer om altyd beter te doen en met meer kreatiewe gebruike van kleur en materiaal vorendag te kom .
Ons gaan nog ons unieke handsakke maak met ons eie gedrukte materiaal maar nou kan julle ook van ons materiaal, wat slegs by Bahia Art beskikbaar wees, koop om julle eie skeppings te maak.  Ons het ‘n paar basiskleure waarop ons ‘n verskeidenheid van ontwerpe en kleure gaan print maar ons gaan ook , vir nou ‘n beperkte paar handgekleure basiskleure hê waarop ons ook ons eie ontwerpe gaan print.
Ons gaan julle op hoogte hou van hieraf, en probeer om elke week ‘n “update” te gee van hoe ver ons is totdat ons, ons eerste stuk material beskikbaar kan stel.

 Bahia Art Michele Hamman handprinted cotton ribbon silkscreened by hand textile designer Michele Hamman Bahia Art handprinted cotton ribbon ceramics screenprinted textiles Dundee Kwazulu-Natal

Hier is ons besig om materiaalaankope te doen.  Dit was ‘n groot heerlikgeit !!  Soos altyd het ons net 100% katoen gekry wat ons net so kan gebruik en ons het ook gekry om te kleur en dan te print.
Volgende week vertel en wys ons wat ons in die week gedoen het en hoe ver ons is om alles in plek te kry.

 

Leave a Reply