Bahia Art Keramiek- en Tekstielstudio – ‘n reis deur perspektief en kleur, uit die oog van Johann Hamman

Hierdie klein keramiek- en tekstielstudio wat Michele Hamman oor die laaste tien jaar met baie sweet en harde werk, baie harde werk, opgebou het, is blykbaar ‘n geheime juweel hier in Noord-Natal, veral as mens oplet hoe baie mense reeds van haar weet en sommer net wil kom inloer …! Michele het dag vir dag, van vroegoggend tot laat middag, met allerlei interessante lappe en kleipotte gewoel tot dit begin doen het wat sy sê. Haar kleurryke en unieke katoen hekeljaarn (ek is vertel dat die industrie so daarna verwys) het baie vinnig die aandag van soortgelyke kleurtowenaars getrek, en klein winkeltjies wat hierdie soort van dinge sou verkoop, het baie gou aan haar inbox se deur kom hamer. Natasha, haar dogter in Johannesburg, het met ‘n moedswillige WordPress en hardnekkige kameras gehelp. Ek het verstom gekyk aan die elegante, en soms kleurvolle, mengelmoese wat onder hulle altwee se handjies opgetower is.

Dit was verbete arbeid, harde arbeid, en trane huil-arbeid soms, waar seer skouers in die aande ingevryf moes word. As sy nie ure op die Internet of die telefoon met verskaffers moes roei om van haar bewus te word nie, moes sy swoeg om haar tekstiel-ink, lap, (ek het nie geweet dis so moeilik om ‘n rol katoen in die hande te kry nie..!) en ander rakke vol goetertjies in hierdie deel van die wêreld in die hande te kry nie. Sy het meer as eenkeer op die drempel van ophou omgedraai, maar sy het ‘n ongelooflike vermoë om haar konkurrente en kompetisie bymekaar te vee en die deur te wys. Sy het in die eerste fase van die ontwikkeling van Bahia Art gepoog om soveel as moontlik te doen, so gou as moontlik, en dan altyd alleen. Jy het nie met haar ontwerpe, kleurskakerings of pottery decals gepeuter nie. Nee, meneer.

Die kliënte het aan die begin druppel vir druppel binnegekom, maar sy het vasgebyt en deurgedruk. Ons het egter tot die besef gekom dat haar gesondheid nie al hierdie dinge gaan toelaat nie, en sy moes ophou met haar katoenjaarn. Daar was aande wat sy nie haar skouers kon optel nie, en mens kan net sóveel keer met ‘n seergewerkte lyf gaan probeer slaap. Keramiek en tekstielontwerp was haar groot liefde van die begin af, en sy het van die mees ongelooflike pottebakkery, op die wiel, en met die hand, die lig laat sien. Haar keramiekborde, wat sy met die hand versier, is net eenvoudig al die applous werd wat ek haar kan gee. Van haar borde kompeteer soomloos met die werk van groot name, veral in die Wes-Kaap, en haar deelname aan Ceramics KZN se uitstalling getuig daarvan,

Sy ontwerp al haar eie tekstielontwerpe wat dan met syskermdrukwerk op katoen en linne materiaal met die hand gedruk word. Kleurvolle skeppings soos handsakke, wat altyd in groot aanvraag is, strooi-kussings, tafeldoeke ens. kan op elke mark gesien word. Haar eerste skermgedrukte handsakke was in groot aanvraag gewees. Michele trek verskeie temas van ontwerpe byeen, en kry dan gepaste sketse soos ou posseëls en ook historiese fakture, wat op aftrekpapier en transpirante met ‘n lasedrukker aangebring word, en dan op haar skerms ontwikkel word deur die filmemulsie met die ontwerp op onder die ligte te ontwikkel.

Michele se nuutste reis is ekodrukwerk, of eco-printing. En skielik moet nuwe kennis ingesamel word, geen probleem!! Bloekomboomblare is ‘n groot bron vir eco-printing en word vir verskeidenheid van prosesse gebruik. Die esdoringbome, rose, en eintlik sommer enige interessante blaar, het sonder teëstribbeling verbygekom. Die kleure wat die blare op haar lappe afdruk as mens dit uit die stoompot haal, is ‘n nuwe avontuur. Ten spyte van enkele teleurstellings met sogenaamde “gurus” op die Internet se aflaaibybels, het sy haar eie navorsing gaan doen, en het reeds baie mooi eko-lappe die lig laat sien.

Die Covid 19 pandemie het ook sy kloue baie diep in haar studio ingeslaan, maar sy veg die duiwel al meer as ‘n jaar van haar deur af weg.

Leave a Reply